# Die GOOD-party sê soldate wat as deel van Operasie Prosper ontplooi is, leef in onaanvaarbare omstandighede by ‘n militêre basis in Kaapstad, ten spyte van ‘n begroting van 823-miljoen-rand. Die party beweer bykans 146 troepe deel slegs drie toilette, met een toilet wat volgens berigte buite werking is. Die sekretaris-generaal van GOOD, Brett Herron sê dit val ver onder basiese sanitasiestandaarde en toon swak beplanning in die operasie. Herron waarsku dat die situasie soldate se moraal en prestasie kan beïnvloed:
GOOD-party sê soldate van Operasie Prosper leef in onmenslike omstandighede [KLANK]
ENG HerronOnOperationProsper