# Die Nasionale Vervolgingsgesag sal die afpersingsaak teen die taxi-hoof Joe Sibanyoni en sy medebeskuldigdes, môre weer in die Landdroshof in Delmas, Mpumalanga registreer weens veiligheidsredes. NVG-woordvoerder, Kaizer Kganyago, sê Sibanyoni, Daniel Masilela, Phillimon Msiza en Oupa Sindane staan tereg op bewerings van afpersing van meer as twee-miljoen-rand in beskermingsgeld van ‘n mynbou-entrepreneur. Die saak is voorheen deur die hooflanddros van die Kwaggafonteinse Landdroshof, Tuletu Tonjeni, van die rol geskrap, toe ‘n aanklaer na dreigemente nie opgedaag het nie.
Afpersingsaak teen taxi-hoof Joe Sibanyoni en medebeskuldigdes word weer geregistreer