# AgriSA bepleit die vinniger toediening van entstowwe en langtermyn-hervormings in biosekerheid met die regering wat steeds teen die uitbreking van bek-en-klouseer veg. Die organisasie sê meer as 11-miljoen dosisse entstof word teen die einde van die maand in die land verwag, maar stadige verspreiding in sekere provinsies is kommerwekkend. AgriSA se uitvoerende hoof, Johann Kotzé, sê die uitbreking het reeds uitvoerverliese van meer as 5,6-miljard-rand veroorsaak. Hy waarsku die verliese kan toeneem as die siekte nie onder beheer gebring word nie.
AgriSA bepleit dringende biosekerheidshervorming te midde van bek-en-klouseerkrisis