# President Donald Trump van Amerika het ʼn presidensiële besluit onderteken om vanjaar nog tien-duisend Suid-Afrikaners as vlugtelinge in Amerika toe te laat. Dit verhoog die syfer vir hierdie fiskale jaar van sewe-duisend-500 tot 17-duisend-500. In die presidensiële besluit verklaar Trump dat ʼn onvoorsiene nood-vlugtelingsituasie nou in Suid-Afrika bestaan weens ʼn onlangse toename in aanhitsing van ras-gemotiveerde geweld deur die regering en leiers van politieke partye. Hy sê die verhoging van die vlugteling-getalle is geregverdig.
Trump-administrasie gaan nog 10 000 Suid-Afrikaners in Amerika toelaat