# Die Johannesburgse Handelsmisdaadhof in Palm Ridge het die saak van bedrog en diefstal teen die president van die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging, Danny Jordaan, en sy medebeskuldigdes tot 27 Augustus uitgestel. Dit sal die verdediging kans gee om te reageer op die staat se betoë oor beweerde vertragings met die finalisering van die saak. Jordaan, die gewese SAFA-amptenare Grown Hluyo en Russell Pauw, en die oud-joernalis en direkteur van Grit Communications, Trevor Neethling, staan tereg op aanklag van onwettige ooreenkomste en betalings van meer as ‘n miljoen-rand.
Danny Jordaan se bedrogsaak uitgestel sodat verdediging op staatsbetoë kan reageer