# President Cyril Ramaphosa het ‘n aansoek by die Wes-Kaapse Hooggeregshof ingedien vir die hersiening en tersydestelling van ‘n onafhanklike paneel se verslag oor Phala Phala. Hy betoog in hofstukke die paneel het sy mandaat wanvertolk en hom laat lei deur onbewese bewerings toe bevind is hy het moontlik die Grondwet oortree en dat daar ‘n belangebotsing was. Die hofaansoek volg nadat die Konstitusionele Hof beslis het die Nasionale Vergadering het onwettig opgetree met die verwerping van die paneel se verslag.
Ramaphosa nader hof om paneel se verslag oor Phala Phala tersyde gestel te kry