Skip to content

Graanbedryf doen regstappe oor vertragings met koringtariewe

# Graan SA en die Suid-Afrikaanse graan-en-oliesade-handelsvereniging het begin met regstappe oor vertragings met die instel van hersiene koring-invoertariewe. Die bedryfsinstansies sê hulle het bykans twee jaar gewag vir die regering om veranderings af te handel om plaaslike koringprodusente te beskerm teen gesubsidieerde wêreldwye invoere. Regsverteenwoordigers het owerhede tot 1 Junie tyd gegee om ‘n vorderingsverslag te verskaf. Graan SA waarsku voortgesette vertragings bedreig voedselsekerheid, landelike werkgeleenthede en die volhoubaarheid van Suid-Afrika se graanbedryf, te midde van stygende produksiekoste.