# Skaatsplankry: Die Amerikaner Jason Vanporppal het minder as 25-kilometer om af te lê om sy buitengewone reis deur Afrika te voltooi. Die 26-jarige het in Februarie uit Kampala, Uganda, vertrek en deur vyf lande geskaats om fondse in te samel vir ‘n permanente skaatsplankpark in Uganda. Hy het ondanks siekte, slegte paaie en visumprobleme tot in die Paarl in die Kaapse Wynland gevorder, waar hy as ‘n held verwelkom is. Vanporppal word vanmiddag in Kaapstad verwag en sal sy reis afsluit met ‘n viering by die City Bowl-skaatsplankpark.
Skaatsplankry: Skaatsplankryer naby Kaapstad na epiese Afrika-reis