Skip to content

SA bied skyn-hofkompetisie oor ruimte-wette in Pretoria aan

# Suid-Afrika is vandag en môre gasheer vir die 17de Afrika-streeksronde van die Manfred Lachs Ruimtereg skyn-hofkompetisie in Pretoria. Die kompetisie se tema is – Empowering Africa’s future in Space Governance for Sustainable Space Activities. Die Departement van Handel, Nywerheid en Mededinging sestreekverteenwoordiger in Afrika vir die kompetisie, Nomfuneko Majaja, sê die beste jong regsdenkers vanuit Suid-Afrika, Nigerië, Kenia, Uganda en Zimbabwe sal vanjaar die geleentheid bywoon.