# Die waarnemende nasionale polisiekommissaris, Puleng Dimpane, het ‘n grootskaalse soektog aangevra na die verdagtes in ‘n gewapende roof en huisbraak by die woning van voormalige minister Naledi Pandor in Pretoria. Polisiewoordvoerder Athlenda Mathe sê drie gewapende verdagtes het Vrydagaand toegang tot die perseel verkry en die gesin met vuurwapens gedreig voor hulle die huis deursoek en met waardevolle items gevlug het. Sy sê die polisie werk onverpoos om die verdagtes op te spoor en aan te keer.
Waarnemende nasionale polisiekommissaris vra soektog ná rooftog by woning van Naledi Pandor