Skip to content

Air France en Airbus skuldig bevind aan korporatiewe manslag na noodlottige voorval in 2009

# ʼn Appèlhof in Parys het die Franse lugredery en Airbus skuldig bevind aan korporatiewe manslag na die voorval in 2009 waarin Vlug AF447 neergestort en al 228 mense aan boord dood is. Die passasierstraler was op pad van Rio de Janeiro na Parys toe dit tydens ʼn storm in die Atlantiese Oseaan neergestort het. Die 216 passasiers en 12 bemanningslede is dood. Hierdie beslissing hef die 2023-onskuldigbevinding van Air France en Airbus op. Die hof het bevind die maatskappye moet die maksimum boete vir korporatiewe manslag betaal, wat sowat vier-miljoen-300-rand elk is.