Die DA doen ‘n beroep op verbeterde lewensomstandighede en beter welsynsondersteuning vir lede van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag wat by die militêre basis Fort Ikapa in Goodwood, Kaapstad, ontplooi is as deel van Operasie Prosper. Volgens die party word soldate onder swak omstandighede gehuisves, onder meer in ‘n lekkende vliegtuigskuur tydens erge weer, ten spyte van beloftes van behoorlike sorg en fasiliteite. Nicholas Gotsell van die DA sê soldate verdien waardigheid en behoorlike ondersteuning terwyl hulle in diens is:
DA vra antwoorde oor swak lewensomstandighede vir SANW-lede by Fort Ikapa [KLANK]
ENG GotsellOnPoorConditions