# Die onafhanklike ekonoom, John Loos, sê hoewel inflasie gewoonlik as negatief gesien word, kan die hoër inflasie in die Wes-Kaap moontlik ‘n teken wees van sterker belegging, werkskepping en inkomstegroei. Die provinsie het in April die hoogste inflasiekoers gehad teen 4,8-persent, hoofsaaklik gedryf deur die sterk vraag na behuising, vervoer en dienste. Loos sê stygende huurgeld en hoër besteding in byvoorbeeld toerisme en onderwys dui op ‘n meer aktiewe ekonomie in vergelyking met ander provinsies.
Ekonoom sê inflasiestyging in Wes-Kaap moontlik aanduiding van sterker ekonomie