Skip to content

Suid-Afrika se infrastruktuurbesteding sal teen 2050 R9,5-duisend-miljard oorskry

# PwC se Globale Infrastruktuurvooruitsig-verslag van 2025 tot 2050 voorspel Suid-Afrika se infrastruktuur-besteding sal teen 2050 9,5-duisend-miljard-rand oorskry. Die verslag sê vervoer, hulpbronne en krag sal oor die volgende 25-jaar 63-persent van die algehele belegging vorm. Jaarlikse infrastruktuur-besteding sal na verwagting teen 2050 met 39-persent tot 26-miljard-dollar styg. PwC sê die groeiende vraag na kunsmatige intelligensie, digitale netwerke en verstedeliking sal belegging aanvuur, terwyl Afrika na verwagting die wêreld se vinnigste groeiende infrastruktuur-beleggingskoers sal aanteken.