# Die Spesiale Ondersoekeenheid verwelkom ʼn reeks deurbrake in die stryd teen bedrog met die Covid-19 TERS-skema. Arrestasies in Mpumalanga, ʼn skuldigbevinding in die Vrystaat, en beslaglegging op bates wat deur misdaad verkry is verteenwoordig meer as 27-miljoen-rand wat van die staat gesteel is. In Mpumalanga is drie mense gearresteer wat na bewering vals werknemers geskep en bedrieglike eise by die WVF-TERS-skema ingedien het. Die ondersoekeenheid sê hy sal voortgaan om aanspreeklikheid en teruggawe van gesteelde staatsfondse te verseker.
Spesiale Ondersoekeenheid slaan toe op TERS-bedrog van meer as R27-miljoen