# President Cyril Ramaphosa se regspan het begin met ʼn hersieningsaansoek teen die Artikel 89-paneel se verslag wat bevind het daar is ʼn moontlike saak teen hom oor die inbraak op sy plaas, Phala Phala. Die regspan het hoofregter Mandisa Maya toestemming gevra om dokumente te beteken aan twee gewese senior regters wat die verslag saamgestel het: oud-hoofregter Sandile Ngcobo en voormalige Hooggeregshof-regter, Thokozile Masipa. Die Wet op Hoër Howe vereis dat litigante in siviele sake toestemming vra voor ʼn regsgeding teen ʼn regter aanhangig gemaak word.
Ramaphosa vra hoofregter Maya om dokumente aan twee regters te beteken wat Phala Phala-verslag opgestel het