Skip to content

Putin sê betrekkinge tussen Rusland en China het ‘n ongekende vlak bereik

# Die Russiese president, Vladimir Putin, sê betrekkinge tussen Moskou en Beijing het ‘n ongekende hoë vlak bereik, met handelsomset wat die afgelope 25-jaar meer as 30-maal toegeneem het. Hy het vandag in Beijing vergader met sy Chinese ampsgenoot, Xi Jinping, waar hulle meer as 20 handels- en tegnologie-ooreenkomste onderteken het, sowel as ‘n verklaring oor ‘n meerledige wêreldorde. China is die grootste aankoper van Russiese olie. Xi het Beijing se verbintenis bevestig om langtermyn, gesonde en bestendige ontwikkeling van sy bande met Moskou onwrikbaar te bevorder.