# Johannesburg se burgemeester, Dada Morero, vra die minister van Elektrisiteit en Energie, Kgosientsho Ramokgopa, om moontlike kragonderbrekings in die stad te voorkom weens sy groeiende skuld aan Eskom. Morero waarsku pligsgetroue belastingbetalers kan geraak word as kragvoorsiening onderbreek word weens die toenemende kommer oor munisipale skuld van sowat 5,2-miljard-rand. Hy vra dringende ingryping om inwoners, ondernemings en noodsaaklike dienste teen wydverspreide kragonderbrekings te beskerm.
Morero vra Ramokgopa om Johannesburg van kragonderbrekings te red