# Die Departement van Elektrisiteit en Energie sê hy stuur sy pas opgestelde elektrisiteitprysbeleid na die Kabinet vir verwerking en openbare kommentaar. Die beleid gee ʼn hersiene raamwerk van die tariefbepaling, groothandelpryse, koste om stelsel te gebruik, munisipale koste van voorsiening en maatskaplike beskerming. Eskom het in April pryse vir regstreekse klante met 8,76-persent verhoog. Hy het ook goedkeuring gekry om ʼn verhoging van nege-persent te hef op munisipaliteite se grootmaat-elektrisiteitsaankope. Die departement se adjunk-direkteur-generaal, Thabo Kekana, sê elektrisiteit moet bekostigbaar wees.
Departement van Energie stuur elektrisiteitprysbeleid na Kabinet vir verwerking