# Pick n Pay het aangekondig hy gaan ‘n verdere 11,5-persent van die Boxer-kettinggroep ter waarde van tot 4,7-miljard-rand verkoop om sy balansstaat te versterk en te verseker die ommekeer onder Sean Summers werp vrugte af. Die aankondiging beteken Pick n Pay sal ongeveer 54-persent van Boxer besit, terwyl dit tans meer as 65-persent beloop. Die groep voeg by hy is daartoe verbind om ‘n meerderheidsbelang in Boxer te behou, aangesien dit steeds ‘n belangrike bron van waardeskepping vir die groep en sy beleggers is.
Pick n Pay verkoop R4,75-miljard van sy belange in die Boxer-kettinggroep om sy ommekeer te versterk