Skip to content

Ramaphosa loof DRK en Uganda se vinnige reaksie om Ebola-uitbreking te verklaar

# President Cyril Ramaphosa het die regerings van die Demokratiese Republiek die Kongo en Uganda geloof vir hul leierskap en deursigtigheid om ʼn Ebola-uitbreking te verklaar. In die DRK se oostelike Ituri-provinsie is sowat 246 vermeende gevalle en 80 sterftes aangemeld. In Uganda is twee bevestigde gevalle, insluitend een sterfte, in die hoofstad Kampala aangemeld. Ramaphosa het in sy hoedanigheid as die Afrika-unie se hoof oor voorkoming, gereedheid en reaksie op pandemies gesê Afrika-unie-ledestate en internasionale vennote moet ondersteuning bied vir voorkoming, gereedheid en reaksie op pandemies.