Skip to content

Solidariteit daag Suid-Afrika by die VN oor beweerde oortreding van raswetgewing

# Die vakbond Solidariteit het ‘n formele klag by die Internasionale Arbeidsorganisasie ingedien en vra ingryping teen die Suid-Afrikaanse regering oor ‘n beweerde oortreding van ‘n ooreenkoms oor raswetgewing. Die vakbond voer aan die regering het versuim om ooreengekome maatreëls as regulasies toe te pas en te publiseer, wat minagting van die hof is. Dirk Hermann van Solidariteit sê die ooreenkoms vereis raswetgewing moet tydelik wees en vaardigheids- en maatskaplik-ekonomiese faktore moet eerder in ag geneem word.