# Die saak teen die hoof van SAPD Misdaadintelligensie, Dumisani Khumalo, en ses medebeskuldigdes, is deur die Pretoriase Landdroshof tot 3 September uitgestel. Die vertraging volg op hangende regsvertoë wat by die Nasionale Direkteur van Openbare Vervolging ingedien is. Die beskuldigdes staan tereg op aanklagte van bedrog en korrupsie wat verband hou met die beweerde onreëlmatige aanstelling van ‘n ongekwalifiseerde burgerlike in Misdaadintelligensie. Die Nasionale Vervolgingsgesag sê die Ondersoekdirektoraat Teen Korrupsie het die ondersoeke voltooi en is gereed vir die verhoor sodra die vertoë gefinaliseer is.
Hoof van Misdaadintelligensie, Khumalo, se korrupsiesaak tot September uitgestel