Skip to content

NVG vertrou Magudumana sal verhoor word te midde van deportasiesaak in Konstitusionele Hof [KLANK]

# Die Nasionale Vervolgingsgesag sê hy vertrou die onteerde dokter Nandipha Magudumana sal uiteindelik verhoor word en antwoord op die aanklagte teen haar. Sy betwis die wettigheid van haar deportasie uit Tanzanië in die Konstitusionele Hof. Sy is in hegtenis geneem terwyl sy saam met die veroordeelde moordenaar en verkragter Thabo Bester in April 2023 op vlug was. Magudumana se regsargument is dat haar verwydering uit Tanzanië neerkom op ‘n “verbloemde uitlewering”. NVG-woordvoerder, Mthunzi Mhaga, sê die staat het bo verdenking opgetree:

ENG MhagaOnMagudumanaCase