# President Cyril Ramaphosa sê energietekorte en logistieke uitdagings is belangrike faktore wat belegging en ekonomiese groei in Suid-Afrika kortwiek. Ramaphosa het mondelings geantwoord op vrae in die Parlement en sê voortdurende elektrisiteitsuitdagings en ondoeltreffendheid in die vervoer- en vragstelsel ontmoedig ondernemings om op hoër vlakke te belê. Hy voeg by hervormings in energie en logistiek is daarop gemik om beleggersvertroue te versterk, produktiwiteit te verbeter en ekonomiese groei en werkskepping te dryf:
Ramaphosa gee energie- en logistieke beperkings skuld vir swak beleggingsgroei [KLANK]
ENG RamaphosaOnWeakInvestment