# China se president, Xi Jinping, het aan die begin van ‘n tweedaagse beraad aan sy Amerikaanse ampsgenoot, Donald Trump, gesê handelsgesprekke vorder. Hy waarsku egter meningsverskille oor Taiwan kan betrekkinge benadeel en selfs konflik veroorsaak. Xi het die opmerkings oor die demokraties-bestuurde eiland wat deur Beijing opgeëis word, geopper tydens ‘n geslote vergadering van die leiers van die wêreld se twee grootste ekonomieë. Hulle het ooreengekom om samewerking in handel en landbou uit te brei en menings uitgeruil oor die situasie in die Midde-Ooste, Oekraïne en die Koreaanse Skiereiland.
Chinese president Xi sê Trump se verkeerde hantering van Taiwan kan konflik veroorsaak