# Sokker: Wetenskaplikes sê die wêreldbeheerliggaam FIFA se huidige hitte-veiligheidsmaatreëls vir die Wêreldbeker-toernooi in Noord-Amerika is onvoldoende en kan spelers ernstig benadeel. ‘n Groep van die wêreld se voorste kenners skryf in ‘n ope brief die bestaande riglyne is onmoontlik om te regverdig. Hulle vra FIFA om sterker beskermings in te stel, soos langer afkoelingspouses en duideliker protokolle vir die uitstel of vertraging van wedstryde in uiterste toestande. BBC Sport berig hitte gaan vermoedelik ‘n probleem wees tydens die toernooi in Kanada, Amerika en Mexiko in die Noordelike Halfrond se somer.
Sokker: Wetenskaplikes waarsku FIFA sy hitte- veiligheidsmaatreëls vir die Wêreldbeker is onvoldoende