# Die Nasionale Verbruikerskommissie sê Lexus Suid-Afrika het sekere Lexus RC-F hoëprestasie-sportmotors herroep weens ‘n brandstofpompverwante fout. Die herroeping raak 22 voertuie wat op die Suid-Afrikaanse mark versprei is. Die betrokke modelle is die Lexus RZ-F 60C, Lexus RZ-F Track Edition 60L en Lexus RZ-F 60M, wat tussen 6 November 2014 en 29 Desember 2021 beskikbaar gestel en landwyd verkoop is. Eienaars word aangeraai om hul voertuie na enige goedgekeurde Lexus-handelaar te neem vir ‘n gratis vervanging van die brandstofpomp.
Lexus herroep sekere sportmodelle weens ‘n brandstofpomp-fout