# Die minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube, sê haar departement is besig om ‘n diensverskaffer aan te stel om die handboektender van 1,6-miljard-rand te ondersoek. ‘n Gedeelte van die tender vir die publikasie van leerwerk- en onderrig-ondersteuningsmateriaal vir grondslagfase-leerders is toegeken aan die nuutgestigte Lighthouse Publishing, wat oor geen vorige ervaring beskik nie. Gwarube sê ‘n voorlopige interne oudit het sekere bekommernisse uitgelig wat verdere aandag en ‘n deeglike ondersoek regverdig:
Minister Gwarube sê ‘n diensverskaffer sal aangestel word om omstrede handboektender te ondersoek [KLANK]
ENG GwarubeOnProcess