# Die polisie ondersoek twee sake van strafbare manslag na die dood van drie mense in twee afsonderlike voorvalle op die N1 in Limpopo. Die minister van Gesondheid, Aaron Motsoaledi, se ampsmotor was by een betrokke. Polisiewoordvoerder, Athlenda Mathe, sê ʼn vrou en haar twee kinders het die hoofweg probeer oorsteek toe die minister se voertuig hulle tref. Die vrou en een kind is dood. Mathe sê die vrou se man is in ʼn afsonderlike voorval dood toe hy deur ʼn polisiebeampte wat van diens af was se voertuig getref is:
Ma en kind sterf in voorval waarby minister Motsoaledi se ampsmotor betrokke was [KLANK]
ENG MatheOnAccidents