#ActionSA sê president Cyril Ramaphosa moet alle ministers in die regering van nasionale eenheid afdank wat verantwoordelik is vir ekonomiese beleid, na die jongste arbeidsmagopname van Statistieke Suid-Afrika. Die verslag vir Januarie tot Maart toon dat meer as 300-duisend werksgeleenthede verlore gegaan het, wat die uitgebreide werkloosheidsyfer tot 43,7-persent verhoog. Alan Beesley van die party waarsku miljoene Suid-Afrikaners het nou opgehou om werk te soek en dringende optrede is nodig om die groeiende werkloosheidskrisis aan te spreek:
ActionSA vra afdanking van ministers oor groeiende werkloosheidkrisis [KLANK]
ENG BeesleyOnRisingUnemployment