# Die DA sê hy is uiters bekommerd oor die toenemende voorkoms van diefstal, sabotasie en kriminele infiltrasie in Suid-Afrika se weermagbasisse, insluitend die Tek-basis, die Mobiele Ontplooiingsvleuel by Swartkop en die vlootbasis in Simonstad. Verskeie R-4-gewere en granaatlanseerders is onlangs tydens ‘n inbraak by die Tek-basis gesteel. Chris Hattingh van die DA sê die minister van Verdediging en Militêre Veterane, Angie Motshekga, moet verduidelik hoe talle wapens en strategiese bates gesteel is en wat sy beplan om sekuriteit te verbeter:
DA sê SA kan nie weermag bekostig waar ammunisiedepots geplunder word nie [KLANK]
AFR HattinghONWeapons