# Krieket: Delhi Capitals het Punjab Kings met drie paaltjies geklop en bly in die wedloop vir ‘n plek in die Indiese Premierliga se uitspeelronde. Punjab se kaptein, Shreyas Iyer, het ‘n onoorwonne 59 aangeteken en die span het 210 vir vyf bereik. Axar Patel en David Miller het daarna onderskeidelik 56 en 51 aangeteken in ‘n vennootskap van 64 lopies om die vyfde paaltjie, en Capitals het die teiken bereik met ‘n boulbeurt oor. Dit was Punjab se vierde agtereenvolgende nederlaag. Hulle is nou vierde op die punteleer.
Krieket: Delhi Capitals bly klou aan kans om IPL-uitspeelrondes te haal