Skip to content

Vervoervakbond UNTU verklaar geskil met SA Cargo Services, staking ’n moontlikheid

# Die vervoervakbond, Untu, het ʼn geskil by die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie verklaar en dreig om te begin staak. Dit volg na ʼn dooiepunt oor salarisse by die hawe-logistiekmaatskappy, South African Cargo Services. Untu eis ʼn salarisverhoging van 11,8-persent wat byna vier keer die inflasiekoers is, maar die maatskappy bied ʼn verhoging van 3,5-persent aan. Volgens die vakbond was SA Cargo Services uit die staanspoor arrogant, geheimsinnig en minagtend teenoor werkers.