# Die Wes-Kaapse Departement van Onderwys sê skole in sekere gebiede van die Kaapse Wynland-onderwysdistrik sal vandag gesluit wees, as gevolg van die erge weerwaarskuwing wat deur die Suid-Afrikaanse Weerdiens uitgereik is. LUR David Maynier sê alle openbare gewone en spesialebehoefte-skole in Kringe 3, 4, 5 en 6 sal gesluit wees, insluitend Worcester, Ceres, Rawsonville, Tulbagh en die Hexriviervallei. Hy sê die sluiting is in belang van leerder- en onderwyserveiligheid:
Skole in sekere gebiede van Wes-Kaap vandag gesluit weens erge weerswaarskuwings [KLANK]
ENG MaynierOnSchoolClosure