# Rise Mzansi sê die Konstitusionele Hof se uitspraak oor die Phala Phala‑saak is ‘n duidelike herinnering dat die Parlement binne die reg moet optree en nie sy meerderheid kan gebruik om aanspreeklikheid rakende president Cyril Ramaphosa te ontduik nie. Die party sê die uitspraak moet sonder versuim ingestel word. Mabine Seabe van Rise Mzansi doen ‘n beroep op ‘n nuwe, deursigtige ondersoek na die plaasinbraak op Ramaphosa se plaas in Limpopo in 2020, waar buitelandse valuta gesteel is wat na bewering in ‘n rusbank versteek was.