# Tennis: Die groot name in manstennis begin vandag hulle veldtogte op die Italiaanse Ope in Rome nadat hulle in die eerste ronde loslootjies gehad het. Die plaaslike held en wêreld-nommer-een, Jannik Sinner, is die topgekeurde. Die Duitser Alexander Zverev is tweede in die afwesigheid van die verdedigende kampioen, Carlos Alcaraz van Spanje. Die sesmalige kampioen, Novak Djokovic van Serwië, keer terug na ‘n lang afwesigheid weens beserings. Die toernooi is die laaste voorbereiding vir die kleibaan-Grand Slam-toernooi, die Franse Ope, wat op 24 Mei in Parys begin.
Tennis: Groot name begin vandag hulle veldtogte op Italiaanse Ope