# Johannesburg se burgemeester, Dada Morero, sê hy sal binnekort met die minister van Finansies, Enoch Godongwana, vergader om kommer oor vermeende oortreding van begrotingregulasies te bespreek. Die minister waarsku dat Tesourie fondse gaan weerhou indien die metro nie sy finansies regruk nie. Godongwana het in ʼn brief aan die metro onthul dat Johannesburg sy krediteure 25,2-miljard-rand skuld terwyl hy net sowat vier-miljard-rand se kontant het. Dit laat ʼn tekort van meer as 21-miljard-rand. Morero sê daar is geen rede tot kommer nie:
Johannesburgse burgemeester vergader met minister Godongwana oor die “haglike toestand” van die metro se finansies [KLANK]
ENG MoreroONEngagement