# Die hoof van die Valke se eenheid vir ernstige georganiseerde misdaadondersoeke, Hendrik Flynn, het aan die Madlanga-kommissie gesê daar is meganismes om forensiese ontleding te prioritiseer. In reaksie op ‘n ondersoek na die verdwyning van kokaïen ter waarde van ongeveer 200-miljoen-rand uit ‘n Valke-fasiliteit in Port Shepstone in 2021, het Flynn gesê daar is geen streng vereiste vir skriftelike versoeke aan die Forensiese Wetenskaplaboratorium nie, hoewel dit verkieslik is. Hy het beklemtoon grootmaat dwelmbeslagleggings moet as dringende ondersoeke behandel word:
Flynn beskryf forensiese versoekproses in dwelmklopjagte by die Madlanga-kommissie [KLANK]
ENG-FlynnOnForensics