# Twee Nederlanders wat weens die hantavirus dood is, het vermoedelik die skaars Andes-stam opgedoen. Die man is ter see dood en sy vrou het verlede naweek in ‘n Gautengse hospitaal gesterf. Die minister van Gesondheid, Aaron Motsoaledi, het aan die parlementêre portefeuljekomitee gesê die Andes is die enigste van 38 bekende stamme wat vermoedelik tussen mense kan versprei, hoewel dit net deur baie naby kontak gebeur. Hy sê die virus is baie minder oordraagbaar as Covid-19. Die egpaar was passassiers op die plesierboot MV Hondius met 147 mense aan boord.
Skaars Andes-stam van hantavirus het Nederlandse egpaar se dood veroorsaak