Skip to content

Fadiel Adams na KZN vervoer om in hof te verskyn

# Die parlementslid van die National Coloured Congress, Fadiel Adams, is deur die polisie van Kaapstad na KwaZulu-Natal vervoer, waar hy vanoggend in die hof sal verskyn. Dit is volgens die Kongres se tesourier-generaal en stafhoof, Ebrahim Burton, tydens ‘n gesprek met die media buite die Kaapstad-Sentraal-polisiestasie. Adams het homself aan die polisie oorgegee nadat ‘n lasbrief vir sy inhegtenisneming uitgereik is. Die polisie het bevestig die lasbrief hou verband met bewerings dat hy ingemeng het in die ondersoek na die moord op die voormalige sekretaris-generaal van die ANC-jeugliga, Sindiso Magaqa.