# Pick n Pay het ‘n Artikel 189-proses van stapel gestuur om die werknemervoorwaardes vir 22-duisend werkers in sy winkels te hersien. Die uitvoerende hoof, Sean Summers, sê 12-jaar van toegewings het die kettingwinkel oorbeman op weeksdae gelaat, terwyl hulle op deeltydse werkers in die aande en oor naweke staatmaak. Die groep wil koste besnoei deur Sondagbetaling te verminder en nuwe roosters te implementeer. Onderhandelinge oor die nuwe diensvoorwaardes het met Saccawu begin, wat aspekte van die maatskappy se bestaande drie-jaar loonooreenkoms, wat in Maart volgende jaar verstryk, sal raak.
Pick n Pay begin onderhandelinge om werknemers se voorwaardes te hersien