Skip to content

’n Moontlike hantavirus-uitbreking op ’n passasierskip lei tot drie sterftes

# Drie mense, in sluitend ʼn egpaar van Nederland, is dood na ʼn moontlike hantavirus-uitbreking op die passasierskip, MV Hondius, op ʼn vaart van Argentinië na Kaap Verde. ʼn Britse man wat op die skip siek geword het, is in ʼn privaat hospitaal in Johannesburg opgeneem. Die Wêreldgesondheidsorganisasie sê een hantavirus-geval is in ʼn laboratorium bevestig, en nog vyf moontlike gevalle word ondersoek. Die hantavirus word versprei deur kontak met die urine of mis van besmette knaagdiere soos rotte en muise.