# ‘n Gesamentlike verklaring deur ministers van Buitelandse Sake van verskeie lande, insluitend Suid-Afrika, het die onderskepping van die Global Sumud Flotilla veroordeel. Die flottielje van meer as 40 skepe wat aktiviste vervoer en hulp na Gaza wou lewer, is Donderdag deur Israelse vlootmagte onderskep. Die verklaring deur elf lande, insluitend Suid-Afrika, Spanje, Brasilië, Turkye, Maleisië, Jordanië en Pakistan, het die aanval deur Israelse magte op ‘n vreedsame burgerlike humanitêre inisiatief veroordeel. Hulle sê die doel is om die aandag van die wêreld te vestig op die humanitêre ramp in Gaza.
Verskeie lande, insluitend Suid-Afrika, doen beroep op Israel om aktiviste van die Global Sumud Flotilla vry te laat