Skip to content

Malatsi vra tyd om in die Parlement rekenskap te gee van konsepbeleid oor Kunsmatige Intelligensie

# Die minister van Kommunikasie en Digitale Tegnologie, Solly Malatsi, het tyd gevra om ‘n interne ondersoek af te handel nadat die Parlement se Kommunikasiekomitee hom tot verantwoording geroep het na die terugtrekking van die konsepbeleid oor Kunsmatige Intelligensie. Dit volg nadat onthul is 67 verwysings in die beleid is waarskynlik verkeerdelik deur K-I geskep. Malatsi het die komitee verseker gevolgsbestuur sal ingestel word teen amptenare wat versuim het om hul pligte uit te voer.