# Die Voorsorgowerheid van Suid-Afrika sê Moody’s Investors Service South Africa sal nie langer as ʼn geskikte eksterne krediet-assesseringinstelling erken word nie. Die Finansiële Sektor Gedragsowerheid het Moody’s se registrasie in die land vroeër die maand gekanselleer nadat hy dit vrywillig opgegee het. Dit raak nie Suid-Afrika se soewereine gradering nie, omdat dit deur die globale instelling, Moody’s Investors Service, bepaal word. Die owerheid sê Moody’s is steeds verplig tot nakoming in sy laaste 24 maande in die land voor hy amptelik verwyder word.
Moody’s Investors Service SA word verwyder as geskikte eksterne krediet-assesseringinstelling