# Suid-Afrika sê hy bly verbind tot die vestiging en instandhouding van ʼn wêreld sonder kernwapens. Die land neem deel aan die 11de hersieningskonferensie van die Sperverdrag oor Kernwapens by die Verenigde Nasies in New York. Die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking se verteenwoordiger, Xolisa Mabhongo, sê Suid-Afrika wil die instelling van die drie onderling afhanklike pilare van die nie-verspreiding van kernwapens, insluitend die vreedsame gebruik van kernenergie, versterk en bevorder:
Suid-Afrika ondersteun lande se reg om kernenergie vir vreedsame doeleindes te gebruik [KLANK]
ENG MabhongoOnNuclear