Skip to content

Militêre sekuriteitskending met wapens wat by SANW-basis in Pretoria gesteel is

# ’n Ernstige sekuriteitskending word ondersoek ná ’n inbraak, Maandag by die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag se Tekbasis-fasiliteit by die Lyttelton Militêre Basis in Pretoria. ‘n Stoorkamer is oopgebreek en drie R4-gewere en twee 40-millimeter vuurpylwerpers is as vermis aangemeld. Die ondersoek duur voort, en verdere verifiëring is aan die gang om vas te stel of nog items vermis word. Die SANW doen ‘n beroep op die publiek om te help met inligting.