# Die Instituut vir Rasseverhoudinge sê Suid-Afrika se swak Staatsdiens belemmer ekonomiese groei en benodig dringende hervorming. Die organisasie voer aan politieke inmenging en kaderontplooiing het sedert 1994 die staat se vermoë ondermyn om dienste te lewer, doeltreffendheid verminder en die ekonomie geskaad. Terence Corrigan van die instituut sê ‘n hervormde Staatsdiens is noodsaaklik om vinniger ekonomiese groei te ondersteun en die land se maatskaplike en ekonomiese uitdagings aan te pak.
Instituut vir Rasseverhoudinge vra professionele Staatsdiens om ekonomiese groei te ondersteun