# Die Verenigde Arabiese Emirate sal volgende maand aan die OPUL- en OPUL+-groepe van groot olieproduserende nasies onttrek, wat ‘n einde maak aan sy lidmaatskap van meer as 50 jaar. OPUL is in 1960 gestig om die belange van groot olie-uitvoerders te beskerm deur produksie te koördineer om bestendige inkomste vir sy lede te verseker. Die VAE-minister van energie, Suhail Mohamed al-Mazrouei, sê hierdie besluit sal hom help om op die lang termyn aan die groeiende wêreldwye energievraag te voldoen. Hy sê dit sal nie ‘n groot uitwerking op die mark hê nie as gevolg van die versperring van die Straat van Hormoes.
VAE verlaat OPUL, ‘n groot slag vir die olieprodusentegroep